Liefie-lyf Adademie het begin in 2014 en is geleë op ‘n kleinhoewe in die Ooste van Pretoria. Die onderrigtaal is Afrikaans. Die Akademie beskik oor bekwame en gekwalifiseerde personeel wat met entoesiasme en sorg die potensiaal van elke kleuter optimaal ontwikkel.
Die kleuterjare is ‘n ontvanklike fase wat die grondslag lê vir verdere suksesvolle onderrig. Die Akademie bied ‘n gebalanseerde ontwikkelingsprogram geskoei op Christelike waardes wat op ‘n speelse wyse aangebied word wat die ontwikkeling van kognitiewe, sosiale en emosionele ontwikkeling stimuleer.
Die Akademie bied ‘n veilige terrein met stimulerende opvoedkundige speelgoed asook groot en fyn motoriese apparaat om die spiere te versterk.
Die kleuters geniet vrye spel met ‘n sensoriese tuin, fietsbaan en ‘n ruim grasperk met klim en klouter apparaat.
Versnelde ontwikkeling word gestimuleer met ouer en jonger kleuters wat saam werk en speel.
Die Akademie spog met ‘n beperkte aantal kinders in klasse met individuele aandag.
Ons verwelkom alle maats tussen die ouderdom van 18 maande tot en met 5 jaar oud.
Ons Missie
Ons Visie